# Die helfte van die land se 26 staatsbeheerde ondernemings het verlede jaar verliese gely terwyl agt van die winsgewende ondernemings se winste gedaal het. Dit is volgens ‘n Moneyweb-verslag. Eskom, die SABC, Denel en die Landbank het almal reuseverliese gely. PetroSA het ‘n verlies van bykans 5,6-miljard-rand gely vergeleke met ‘n verlies van net minder as 2,1-miljard-rand die vorige jaar. Denel se verliese het tot byna twee-miljard-rand gestyg en die Landbank se verlies tot 2,1-miljard. Die verslag sê die finansiële verslae toon dat verskeie van die 26 groter staatsondernemings op die rand van ineenstorting is.