# Die Eskom-bestuurshoof, André de Ruyter, sê hulle wil vanaand om 9-uur beurtkrag tydelik ophef, en môreoggend van 5-uur tot 9-uur die aand weer Fase een implementeer. Hy sê dit sal egter eers vanmiddag om 4-uur bevestig kan word. Hy het tydens ‘n inligtingsessie gesê verskeie eenhede is reeds weer in werking gestel. De Ruyter sê hulle het die week verskeie uitdagings gehad, maar die vooruitsigte vir die naweek is redelik bestendig:
Speel klankgreep: ENGAndrédeRuyter