# Eskom sê hy gaan alles in sy vermoë doen om beurtkrag te vermy tydens die staatsrede. President Cyril Ramaphosa sal na verwagting sy staatsrede Donderdag in die Kaapstadse stadsaal lewer. Die kragverskaffer moes Maandagaand noodgedwonge fase 2-beurtkrag instel nadat talle opwekkingseenhede onklaar geraak het. Eskom se uitvoerende hoof, Jan Oberholzer, sê hulle fokus daarop om nie ná Donderdag beurtkrag in te stel nie:
Speel klankgreep: ENG OberholzerOnSona
Intussen sê Eskom se groepshoof van opwekking, Phillip Dukashe, daar is ernstige probleme by die Majuba-kragstasie in Mpumalanga, en gevolge-bestuur word toegepas:
Speel klankgreep: ENG DukasheOnMajuba