Skip to content

Eskom bekom noodsaaklike befondsing vir groot uitbreidingsprojekte

# Eskom sê hy het befondsing vir die volgende drie tot vier jaar bekom om transmissie-kapitaalprojekte aan te pak. Die kragverskaffer het met netwerk-uitbreidingsprojekte begin waarvan 47 op verskillende stadiums van ontwikkeling is en sal bydra om 37 gigawatt nuwe netwerkverbindingskapasiteit te lewer. Volgens Eskom se transmissieontwikkelingsplan moet sowat 53 gigawatt nuwe opwekkingsvermoë bygevoeg word om teen 2032 aan die verwagte vraag te voldoen. Leslie Naidoo van Eskom sê dit sal ʼn uitdaging wees om vas te stel waar om ná die volgende vyf jaar fondse te kry.