# Die Franse produksie van die Spaanse rolprent, Emilia Pérez, het altesaam 13 Oscar-benoemings ingepalm en is die mees benoemde buitelandse rolprent in Oscar-geskiedenis. Die rolprent vertel die verhaal van ‘n Mexikaanse kartel-leier wat ‘n prokureur inroep om hom te help verdwyn en in ‘n vrou te verander. Tien rolprente sal meeding om die titel van beste rolprent by vanjaar se Oscar-toekennings. Die ander rolprente is, Anora, The Brutalist, A Complete Unknown, Conclave, Dune: Part Two, I’m Still Here, Nickel Boys, The Substance en Wicked.
Emilia Pérez maak Oscar-geskiedenis met 13 benoemings