Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Emfuleni Munisipaliteit wag op laaste waterbesoedelingstoetsuitslae

# Die Emfuleni-munisipaliteit in Gauteng sê hulle wag vir die uitslae van die laaste reeks toetse om te bevestig of die waterbesoedeling suksesvol bekamp is. Dit volg op die munisipaliteit se aankondiging oor die naweek, dat water besmet is in sommige dele van die Vaal-gebied, insluitend Sebokeng Sone 7, Palm Springs, Beverley Hills, Lakeside en Everton. Tegnici meen ‘n ineengestorte rioolpypleiding is die oorsaak van die besoedeling. Die munisipaliteit sê inwoners moet volhou om water te kook voor verbruik.