# Die DA sê die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit in Gauteng het meer as ‘n halfmiljard-rand aan werknemers se oortyd bestee, maar dienslewering het verswak. Die party sê ondanks bewerings dat die betaling van oortyd dienste verbeter het, ly inwoners steeds weens vullisverwydering wat laat is, watertekorte en swak padtoestande. Volgens ‘n antwoord op navrae van die DA is 537,9-miljoen-rand aan oortyd bestee, met aansienlike bedrae gedurende die boekjare 2020/21 en 2021/22. Die DA beplan om druk op die LUR vir Samewerkende Regering, Mzi Khumalo, te plaas om die situasie te beredder.
Emfuleni bestee meer as ‘n halfmiljard-rand aan werknemers se oortyd