# Die minister van Elektrisiteit Kgosientsho Ramokgopa sê beurtkrag is ʼn bestaansprobleem op ekonomiese sowel as maatskaplike vlak wat dringende ingryping nodig het. Hy het gister voor die parlementêre portefeuljekomitee oor Openbare Ondernemings verskyn. Hy sê die land se ekonomie verloor tot een-miljard-rand per dag, afhangende van die intensiteit van beurtkrag, en tot 800-duisend werksgeleenthede het net vanjaar verlore gegaan. Ramokgopa sê die belangrikste stappe is om Eskom reg te ruk, die beskikbaarheid van die bestaande voorraad te verbeter en privaat belegging in nuwe opwekkingsvermoë moontlik te maak.
Elektrisiteitsminister sê beurtkrag is ‘n bestaansprobleem wat dringende ingryping nodig het