Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Ekurhuleni se burgemeester verwyder nadat mosie van wantroue slaag

# Die Ekurhuleni-metroraad het ‘n mosie van wantroue teen die burgemeester, Sivuyile Ngodwana, van die African Independent Congress aanvaar. Sy party vorm deel van ‘n koalisie wat die ANC en EFF en verskeie kleiner partye insluit. ActionSA het die mosie ingedien en sê sommige ANC-raadslede, sowel as ‘n DA-raadslid, het ten gunste van die mosie gestem, al het hul partye amptelik gekies om buite stemming te bly. Die stad sal nou ‘n nuwe burgemeester moet verkies.