# Die Stad Ekurhuleni sê baie gebiede het misdaadbrandpunte geword met vulstasies en deurry-geriewe by eetplekke boaan die lys. Wetstoepassingsagentskappe het ʼn skerp toename aangemeld van voorvalle waar veral vroulike motoriste by vulstasies beroof word. Die stad sê misdadigers het onlangs met ʼn nuwe strategie begin om slagoffers se voertuie voor te keer terwyl hulle in die ry wag om kos te bestel, en dan hulle persoonlike besittings te steel. Mense word gemaan om altyd van hulle omgewing bewus te wees.
Ekurhuleni-motoriste gewaarsku om waaksaam te wees by vulstasies en deurry-geriewe