Skip to content

Ekonoom waarsku Trump se tariefverhogings sal wêreldhandel ontwrig

# ‘n Ekonoom aan die Noordwes Universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons sê Amerikaanse president Donald Trump se aankondiging oor hoër tariewe sal die wêreldekonomie ontwrig, met negatiewe gevolge vir Suid-Afrika. Parsons waarsku die tariewe kan lei tot hoër inflasie, stadiger wêreldgroei en die gevaar van ‘n resessie bestaan in sommige ekonomieë. Hy voeg by die Suid-Afrikaanse ekonomie staan voor ‘n moeilike uitdaging, veral in die motorsektor, met ‘n 30-persent tarief op plaaslike goedere. Hy moedig die regering aan om nuwe handelsmarkte soos die Afrika-vryhandelsooreenkoms te verken.