# Betterbond is nie heeltemal verras met die terugkoopkoers wat gister tot 3,75-persent verhoog is nie. Die eiendomsmaatskappy glo dit was tyd dat die koers begin terugkeer na die vlakke van voor die pandemie. Met verwysing na tendense in die bedryf het dieuitvoerende hoof Carl Coetzee gesê die styging van 25 basispunte behoort nie rede tot kommer te wees nie, want huisprys-inflasie is sterker in die meeste provinsies. Coetzee glo die huismark sal vanjaar groei:
Speel klankgreep: ENG-CarlCoetzee