# Die Egiptiese president Abdel Fattah el-Sisi het die skietstilstandsooreenkoms tussen Israel en Hamas bestempel as ‘n ongekende prestasie. Meer as 20 wêreldleiers het gister in Egipte bymekaargekom vir ‘n vredesberaad. Al 20 lewende gyselaars wat deur Hamas in Gaza aangehou word, is vrygelaat na meer as twee jaar in gevangenskap. In ruil het Israel byna tweeduisend Palestynse gevangenes en aangehoudenes vrygelaat. Sisi sê leiers moet nou verseker dat die wapenstilstand behoue bly, en dat die liggame van die oorblywende gyselaars aan hul families terugbesorg word.
Egiptiese president versoek leiers om te verseker dat Israel-Hamas-skietstilstand behoue bly