# Egiptiese aasvoëls wat dekades gelede in Suid-Afrika uitgesterf het, gaan weer by Hartbeespoort in Noordwes hervestig word. Die twee Egiptiese aasvoëls wat van World Bird Sanctuary en San Diego Zoo Wildlife Alliance in Amerika ingevoer is, word deel van VulPro se broeiprogram. Hulle is tans onder kwarantyn by Johannesburg se Lorypark-dieretuin. Hulle sal uiteindelik by die Shamwari Privaat Wildreservaat in die Oos-Kaap hul tuiste vind. VulPro se stigter, Keri Wolter, sê die Egiptiese aasvoël wat ook Farao se Hoender genoem word, is een van die wêreld se interessantste voëls.
Uitgestorwe Egiptiese aasvoëls word in Suid-Afrika hervestig