# Die EFF verwerp die Wysigingswet op die Regulering van Elektrisiteit en sal in die portefeuljekomitees in die Parlement elke ooreenkoms met die Wêreldbank, Internasionale Monetêre Fonds en Europese regerings ondersoek wat Suid-Afrika se energie-soewereiniteit bedreig. Woordvoerder van die EFF, Leigh-Ann Mathys, sê die party sal veg sodat alle energiebeleid en ooreenkomste die belange van die mense van Suid-Afrika dien. Sy sê die beheer van Suid-Afrika se energie-opwekkingsvermoё behoort aan die mense en die party sal alles in die stryd werp om dit so te hou.
EFF verwerp die Wysigingswet op Elektrisiteitsregulering