Skip to content

EFF verwelkom VSA se voorneme om sanksies teen Kuba te verlig

# Die EFF verwelkom die Amerikaanse president Joe Biden se voorneme om Kuba te verlos van die onregverdige benaming as staatsborg van terrorisme. Die party sê die besluit, wat twee dae gelede aangekondig is, bewys die onaanvegbare waarheid dat die sanksies teen Kuba nog altyd ‘n polities gemotiveerde aanval was. Die EFF sê sedert die presidensie van Ronald Reagan het Amerika aanhoudend ‘n ekonomiese embargo en sanksies teen Kuba volgehou, met die doel om die kommunistiese regering te destabiliseer.