# Die EFF-koukus in die Govan Mbeki-munisipaliteit in Mpumalanga sê hulle gaan ‘n saak van minagting van die hof teen die munisipaliteit aanhangig maak, omdat die munisipaliteit in weerwil van ‘n hofbevel optree en nie die reg respekteer nie. ‘n Woordvoerder, Onesipho Songelwa, sê die burgemeester en die speaker kom nie ‘n hofbevel na wat bepaal die munisipale bestuurder, Felani Mndebele, moet heraangestel word nie. Felani is op onreëlmatige wyse afgedank. Hy sê hulle beskou dit as hoogverraad. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het beslis hy moet heraangestel word met sy volle salaris en voordele.