Die EFF se studente bevelstruktuur is onthuts en geskok oor die geslagsgeweldvoorval by die Kaapse Skiereiland-universiteit vir Tegnologie. ‘n Mansstudent, wat glo by die Universiteit van die Wes-Kaap geregistreer is, is op sosiale media gesien waar hy ‘n vrouestudent herhaaldelik met ‘n mes steek. Sihle Lonzi van die EFF-studente bevelstruktuur sê Suid-Afrika is steeds ‘n misdaadtoneel, veral vir swart vroue en kinders. Hy sê hoër onderwysinstellings moet veilige hawens vir die toekomstige intelligentsia van die nasie wees.
EFF-studente bevelstruktuur is geskok oor geslagsgeweldvoorval by CPUT