# Die onderleier van die EFF, Floyd Shivambu, is besig met politieke geluide voor die naweek se politieke byeenkomste. Hy sê sy party se saamtrek Saterdag, is die enigste belangrike politieke samekoms van die naweek en enige ander vergadering is ‘n narrespul en herhaling van leuens. Die ANC herdenk ook Saterdag sy 110e verjaarsdag in Polokwane. Die EFF-president, Julius Malema, sal ‘n byeenkoms by die Moses Mabhida-stadion in Durban toespreek om die mense van KwaZulu-Natal te bedank vir hul stemme in verlede jaar se plaaslike verkiesings.