Skip to content

EFF sê Mosambiek is op rand van burgeroorlog

# Die EFF sê Mosambiek is op die rand van ‘n burgeroorlog wat meer verwoestend kan wees as die apartheid-geborgde destabilisering van die 1980’s, wat talle lewens geëis het, insluitend dié van president Samora Machel. Die verkiesingsuitkoms, wat wyd gekritiseer word as vals, het wydverspreide opstande veroorsaak. Die EFF vra die Mosambiekse regering en sekerheidsmagte om die hoogste mate van selfbeheersing uit te oefen, asook ‘n hoë vlak van dissipline met die hantering van die betogings.