Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

EFF sê komende verkiesing is geleentheid om swaarkry onder ANC te beëindig

# Die EFF sê die komende algemene verkiesing is ʼn geleentheid vir Suid-Afrikaners om die ellende onder die ANC se onbevoegde, korrupte en verwronge leiding te beëindig. Die verkiesing vind vanjaar op 29 Mei plaas. Die EFF sê al wat die mense onder ANC-bewind ken, is armoede, werkloosheid, grondloosheid, ekonomiese wanhoop en beurtkrag. Die party moedig Suid-Afrikaners aan om sy manifes te lees wat sê hy sal alle maatskaplik-ekonomiese probleme deur praktiese en haalbare oplossings beëindig.