Skip to content

Rugby: EFF kritiseer SA Rugby se voorgestelde aandele-ooreenkoms

# Rugby: Die EFF sê hy is ontsteld oor SA Rugby se voorgestelde aandele-ooreenkoms met Ackerley Sports Group. Die privaat ooreenkoms van 1,3-miljard-rand beteken SA Rugby verkoop ʼn aandeel in sy sake-afdeling aan die Amerikaanse maatskappy. Die EFF sê dit maak rugby ʼn eksklusiewe, privaat beheerde sport met Ackerley wat ʼn ewigdurende lisensie het om SARU se handelsregte en meerderheids-verteenwoordiging te beheer. Hy sê die regering van nasionale eenheid se gebrek aan betrokkenheid wys sy versuim om toesig te hou oor rugby-ontwikkeling in die land.