# Die EFF in Gauteng verwelkom die skuldigbevinding van twee mans wat ‘n raadslid van die party in Ekurhuleni, Koketso Mojatau, vermoor het. Die twee was in April verlede jaar betrokke by die kaping van en moord op Mojatau in Katlehong. Die EFF sê die pynlike werklikheid is dat misdaadvlakke, veral geweldsmisdaad soos moord en gewapende roof, sedert Koketso se moord steeds skerp styg in die provinsie. Hy herhaal sy versoek dat misdaadstrategieë voorkomend eerder as reaktief moet wees.
EFF in Gauteng verwelkom uitspraak teen twee mans betrokke by moord op raadslid van Ekurhuleni