Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

EFF eis onmiddellike verwydering van Knysna DA-raadslid

# Die EFF in die Wes-Kaap eis die onmiddellike verwydering van ‘n DA-raadslid van Knysna, Sharon Sabbagh, omdat sy na bewering verlede week na ‘n raadsvergadering as ‘n aap-sirkus sou verwys het. Die DA sê Sabbagh se opmerkings is verkeerd vertolk en is skandelik misbruik om kiesers se aandag af te lei van die vernietiging wat die ANC, PA, EFF-koalisie in Knysna aangerig het. Die EFF sê Sabbagh se rassistiese gedrag is onaanvaarbaar en kan nie daar gelaat word nie. Die party beoog om ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie in te dien.