Skip to content

EFF beplan opmars teen installering van slimmeters in Tshwane

# Die EFF gaan vandag na Midcity Property se kantoor in Pretoria opmars. Die betoging is teen die installering van slimmeters deur die Midcity Property-agentskap. Die Tshwane-metropolisie-departement sê strate wat geraak word sluit in Jorissen, Relly en Vlok. Motoriste word aangeraai om alternatiewe roetes soos Reitzstraat, Justice Mohamedstraat en Rissikstraat te gebruik. Die metropolisie sal ontplooi word om te verseker wet en orde word gehandhaaf.