Skip to content

EFF bekommerd oor voortgesette dispute oor Montrose-behuisingsprojek in Gauteng [KLANK]

# Die EFF in Gauteng sê hy is bekommerd oor die voortgesette betogings en dispute rakende die Montrose Mega City-behuisingsprojek van elf-miljard-rand in Randfontein. Ontevrede inwoners beweer die provinsiale departement van Menslike Nedersettings is van voorneme om die huise aan byna 60 afgetrede soldate toe te ken, in weerwil daarvan dat sommige inwoners reeds vir huise goedgekeur is. Baleni Dumisani van die EFF, sê regeringsamptenare het korrup opgetree en ingemeng by die behuisingsaansoekproses:

Speel klankgreep: ENG BalenionMontrose