Skip to content

EFF bekommerd oor proses om begrotingsredes in Parlement te aanvaar

# Die EFF sê hy is bekommerd oor die manier waarop die Nasionale Vergadering die proses hanteer om die 2024/2025-konsepbegrotings te aanvaar. Die Parlement gaan vandag voort met die proses. Dit sluit inligtingsessies in oor departementele begrotings, jaarlikse prestasieplanne, bestedingsplanne en departementele prestasie. Die EFF sê parlementslede kry nie genoeg tyd om voorgestelde begrotings te evalueer en ingeligte waarnemings en aanbevelings te doen nie. Die party sê dis verkeerd dat begrotings sonder behoorlike konsultasie aanvaar word.