# Die EFF sê hy is erg beledig en ontsteld deur bevindings rondom ‘n verslag van die Verenigde Nasies se kantoor vir interne toesig, oor seksuele misdrywe wat deur militêre en vredesbewarings-missies gepleeg word. Daar is meer as twee-duisend Suid-Afrikaanse soldate in die Demokratiese Republiek die Kongo, Soedan en Suid-Soedan. Die party sê hierdie skokkende bevindings plaas Suid-Afrika boaan die lys van nasies wat oortree, met nege amptelike bewerings, en nog talle baie ernstige nie-amptelike bewerings, al is Suid-Afrika nie eens die grootste bydraer van soldate tot hierdie VN-sendings nie.
EFF bekommerd oor ernstige seksuele bewerings teen ontplooide weermagsoldate