# Egiptoloë het die eerste graftombe van ‘n farao ontdek sedert Toetankamen s’n meer as ‘n eeu gelede. Koning Toetmose die Tweede se graf was die laaste onontdekte koninklike graf van die 18de Egiptiese dinastie. Dit is geleë in die westelike Valleie van die Theban-dodeakker naby Luxor. Toetmose was ‘n voorouer van Toetankamen, wie se heerskappy van ongeveer 1493 tot 1479 voor Christus geduur het. Hy was die man van koningin Hatshepsoet, wat as een van die beste farao’s beskou word en een van die min vroulike heersers.
Eerste graftombe van farao in Egipte gevind sedert Toetankamen s’n