# Mel Gibson se eerste fliek as regisseur sedert 2016, Flight Risk, beklee die eeste plek by die loket nadat dit dié naweek in teaters in Noord-Amerika uitgereik is. Die aksie-riller met Mark Wahlberg in die hoofrol handel oor ‘n vlieënier wat ‘n senior Lugmagoffisier en ‘n getuie na ‘n verhoor vervoer. In die tweede plek is Mufasa: the Lion King, van Disney. Sony se R-gegradeerde vriendskapskomedie, One of them Days, het teruggesak na derde plek, gevolg deur Paramount se Sonic the Hedgehog 3 en nóg ‘n Disney-fliek, Moana 2.
Flight Risk van Mel Gibson is dadelik beste rolprent by die loket