Skip to content

Eerste fase van opgradering van fasiliteit vir openbare vervoer in Rosebank byna voltooi

# Die Johannesburgse Ontwikkelingsmaatskappy sê die eerste fase van die bouwerk vir die opgradering van die fasiliteit vir openbare vervoer in Rosebank is gedeeltelik voltooi. Die werk sluit onder meer in die opgradering van sypaadjies, stormwater-infrastruktuur óm die fasiliteit en die opgradering van ‘n verkeerskruising. Die agentskap sê die tweede fase behels die opgradering van die bestaande kantoorgebou, die oprigting van kosstalletjies, die verbetering van die ablusiegeriewe en die vergroting van die afdak oor die oplaaiplek. Hy sê die opgradering van die vervoerfasiliteit word gedoen om voorsiening te maak vir die groeiende getal pendelaars in Rosebank.