Skip to content

Eerste biodiversiteit-bestuursooreenkomste in Suid-Afrika ontwikkel

# Die departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing, saam met die Sustainable Finance Coalition het biodiversiteit-bestuursooreenkomste gesluit. Dit is in samewerking met die Afrika Wildernis-stigting ontwikkel en gaan by drie privaat renoster- en leeu-eienaars in Limpopo geïmplementeer word. Dit is die eerste biodiversiteit-bestuursooreenkomste wat in Suid-Afrika ontwikkel en geïmplementeer is. Die departement sê die eienaars van die wildplase het ingevolge die ooreenkomste ondermeer ingestem om aan alle wetlike verpligtinge wat met die bestuur van leeus en renosters verband hou, te voldoen.