Skip to content

Een persoon doodgeskiet en vyf gewond in aanval op skool in Iowa op eerste dag ná vakansie

# ‘n Leerder in die Amerikaanse staat Iowa het een persoon by ‘n skool doodgeskiet en vyf gewond op die eerste dag ná die vakansie. Die polisie sê die oorledene was in graad 6, waar leerders ongeveer 12 jaar oud is. Hulle sê hulle het met hul aankoms op die toneel die aanvaller gevind wat sy eie lewe geneem het. Hy het ‘n haelgeweer en ‘n klein kaliber handwapen by hom gehad en is as die 17-jarige Dylan Butler geïdentifiseer. Volgens die polisie het die verdagte ‘n aantal inskrywings op sosiale-media-platforms gemaak voor en tydens die skietery.