Skip to content

Een dood, ses vermis, 15 gered nadat luukse Britse seiljag aan kus van Sicilië sink

# Een man is dood en ses ander passasiers word vermis nadat ‘n luukse Britse seiljag, die Bayesian, gisteraand in slegte weer aan die kus van Sicilië gesink het. Daar was 22 mense aan boord. Die kaptein van ‘n nabygeleë skip het 15 oorlewendes opgepik, insluitend ‘n baba in ‘n reddingsbootjie, en het die kuswag verwittig. Die seiljag van 56 meter was ongeveer 700 meter vanaf die Porticello-hawe toe dit gesink het. Onder diegene wat vermis word, is burgers van die Verenigde Koninkryk, Amerika en Kanada. Duikers en helikopters soek in die gebied waar die seiljag gesink het.