# Die Stad Kaapstad se Departement vir Ontspanning en Parke sê die Durbanville-roostuin se eerste Roseskou het die afgelope naweek baie opgewonde tuinmaak-entoesiaste gelok. Inwoners het die geleentheid gekry om meer te leer oor die plant, snoei en versorging van die meer as vyfduisend roos-variëteite in volle blom in die tuin. Die burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsdienste en Gesondheid, Patricia van der Ross, sê die skou het ‘n wye verskeidenheid rose vertoon, van klassieke tot moderne variëteite:
Durbanville Roostuin se heel eerste skou ‘n reuse sukses [KLANK]