Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Duitse sagtewarereus, SAP beveel om 500-miljoen oor Eskom-kontrakte te betaal

# Die Duitse sagtewarereus SAP het ingestem om binne sewe dae 500-miljoen-rand aan die Spesiale Ondersoekeenheid te betaal vir korrupte kontrakte by Eskom. Die SOE sê die skikking het betrekking op twee Eskom-kontrakte ter waarde van sowat 1,1-miljard-rand wat tussen 2013 en 2016 aan SAP toegeken is. Die Spesiale Tribunaal het die kontrakte ongrondwetlik verklaar, aangesien die ondersoek bevind het die kontrakte is onwettig aangegaan. Die eenheid sê die skikkingsooreenkoms onthef nie SAP of enige party wat betrek word van vervolging nie.