# Minstens twee-duisend Mosambiekse gesinne het dié week na die buurland Malawi gevlug om weg te kom van die na-verkiesingsgeweld in hulle land. Die bloedvergieting het vererger nadat Mosambiek se Grondwetlike Raad Oktober se verkiesingsuitslae bevestig het, ondanks aantygings van die opposisie oor bedrog. Die dodetal het volgens berigte sedert die hof se beslissing 125 bereik, en meer as 252 sedert die verkiesing. Die owerhede in Malawi sê die toestand bly benard omdat die vlugtelinge dringend humanitêre bystand nodig het.
Duisende Mosambiekers vlug na Malawi tydens na-verkiesingsgeweld