# Die drukgroep Iranti het uitgevaar teen Sensus 2022 en sê dit diskrimineer teen die LBGTQI+ gemeenskap. Die groep sê die vraag oor geslag het net keuses vir manlik of vroulik, en hy glo transgender en intergeslags-mense word uitgesluit. Statistieke Suid-Afrika doen die opname tot die einde van die maand. Iranti se direkteur, Jabulani Pereira, sê die uitsluiting van die gemeenskap is ongrondwetlik.