# Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek sake van strafbare manslag na ‘n botsing tussen ‘n motor en ‘n vragmotor vanoggend in Gqeberha. Daar word beweer ‘n VW Polo het teen ‘n vragmotor gebots wat in die middel van ‘n baan op die M-4, Mountweg-afrit, gestaan het. ‘n polisiewoordvoerder, Sandra Janse van Rensburg, sê drie insittendes van die motor is op die toneel dood. Hul name sal eers bekend gemaak word sodra hul naasbestaandes opgespoor is.