Skip to content

Election Day

Days
Hours
Minutes
Seconds

Drie mense sterf in ligte vliegtuig-ongeluk in Windhoek

# Drie mense is dood nadat ‘n ligte vliegtuig laat gistermiddag in Pionierspark in Windhoek neergestort het. Volgens die Namibiese Polisiehoof Elifas Kuwinga het die oorledenes onherkenbaar verbrand. Kuwinga sê die vliegtuig, ‘n Westair AF 406, het by die Eros-lughawe opgestyg vir ‘n onderhoud-toetsvlug met twee vlieëniers en een werktuigkundige aan boord. Die vliegtuig het neergestort op ‘n woonperseel in Rieckmannstraat in Pionierspark.