# Drie kinders is dood en ‘n vrou is ernstig beseer toe hul voertuig oor die naweek by die Bainskloofpas tussen Wellington en Ceres in die Wes-Kaap, afgestort het. Die woordvoerder van die Provinsiale departement van Vervoer en Openbare Werke, Jandré Bakker, sê die pas is tans weens padwerke gesluit, maar mense wat langs die pas woon en permitte gekry het, het beperkte toegang. Hy voeg by daar is dele waar stop-en-ry beperkings geld:
Speel klankgreep: AFR JandreBakkerOngeluk