Skip to content

Drie in hegtenis geneem na onderonsie by oord in Noordwes vandag in hof

# Drie mense wat in hegtenis geneem is na ‘n onderonsie by ‘n vakansieoord in Noordwes sal na verwagting vandag in die Landdroshof in Orkney verskyn. Die eienaar van Hanscombe’s Haven, Mark Hanscombe, is Dinsdag uit die hospitaal ontslaan nadat hy steekwonde opgedoen het in die voorval op Versoeningsdag. Dit het gebeur nadat besoekers sy versoek geweier het om hulle hubbly bubbly-pyp te oorhandig. Die polisie sê die drie word aangekla van poging tot moord, terwyl hulle aanrandingsake teen Hanscombe ingedien het.