# Die Oos-Kaapse polisie soek steeds na drie verhoorafwagtende gevangenes wat Vrydag in die Alfred Nzo-distrik uit die aanhoudingselle by die hof in Mount Frere ontsnap het. ‘n Polisiewoordvoerder, Tembinkosi Kinana, sê ‘n voorlopige ondersoek wys die polisie het die gevangenes van die hof na die selle teruggeneem toe ses gevangenes weggekom het. Drie van hulle is intussen weer in hegtenis geneem. ‘n Saak van ontsnapping uit wettige aanhouding is teen die ontsnaptes aanhangig gemaak en ‘n interne ondersoek sal ook gedoen word om te bepaal hoe die gevangenes ontsnap het.