# Drie akademici aan die Universiteit Stellenbosch is benoem as voorste navorsers volgens die Web of Science-groep se lys voorste navorsers van 2021. Oonsie Biggs is die navorsingsvoorsitter van die Nasionale Navorsingstigting se afdeling vir maatskaplik-ekologiese stelsels en veerkragtigheid in die Sentrum vir Komplekse Stelsels in Oorgang. Umezuruike Linus Opara is die stigting se navorsingsvoorsitter vir na-oes-tegnologie en Dave Richardson is die direkteur van die Sentrum van Uitnemendheid vir Indringerbiologie.