# Drankhandelaars het die regering gevra om met omsigtigheid te reageer op die vierde vlaag van die koronavirus. Die sektor se sakebedrywighede kan weer ontwrig word. Die Nasionale Drankhandelaarsraad sê die komende vlaag kan beter hanteer word as die vorige drie, sonder om mense se lewensbestaan in gedrang te bring. Die sektor vrees nog ‘n verbod op drankverkope. Lucky Ntimane van die raad glo nie die ekonomie kan nog beperkings op drankverkope bekostig nie.