# Die Drakenstein-munisipaliteit in die Wes-Kaap het inwoners van Newton in Wellington gewaarsku om nie na hulle huise terug te keer nie omdat nog reën die naweek voorspel word. Sowat 900 huishoudings is ontruim weens die gevaar dat ‘n damwal kan breek. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel ontwrigtende reën en moontlike oorstromings. Inwoners word gemaan om te let op amptelike kommunikasie van die munisipaliteit terwyl ingenieurs die situasie monitor om veiligheid te verseker. Die plaaslike brandweer en wetstoepassers patrolleer die gebied.
Drakenstein-munisipaliteit waarsku oor nog swaar reën