# Omvattende seksuele onderrig maak nie voorsiening vir mense met gestremdhede nie. Dit is die mening van ‘n dosent aan die Universiteit van Pretoria, Lindokuhle Ubisi, wat ‘n voorlegging gedoen het by die seminaar wat die Departement van Basiese Onderwys in Tshwane aangebied het. Ubisi wys daarop dat die onderwerp van gestremdheid en seksualiteit eers in graad 10 ter sprake kom, al word die leerplan van graad vier aangebied. Hy sê daar is ook geen gepaste hulpbronne en materiaal vir mense met gestremdhede nie.