Skip to content

Donderstorm in Thembisa saai verwoesting

# Die Stad Ekurhuleni se rampbestuur- en nooddiens is besig om die skade te bepaal nadat ‘n erge donderstorm Thembisa verlede nag getref het. Meer as 30 huise is beskadig in Mashemong, Sethokga, Sedibeng en Morithing. Amptenare voorsien tydelike herstelwerk en steun met bystand van Sassa en die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling. Die metro se woordvoerder, William Ntladi, sê ‘n vlak vier-waarskuwing vir ontwrigtende reën bly van krag, en vra inwoners om gebiede te vermy wat neig om te oorstroom en tuis te bly.