# Die ikoniese country-musiekster Dolly Parton se man, Carl Dean is op 82-jarige ouderdom dood in Nashville, Tennessee. Die twee het buite ʼn wassery ontmoet op die dag toe ʼn 18-jarige Parton Nashville toe getrek het. Hulle is twee jaar later, in 1966, tydens ʼn intieme seremonie in Ringhold, Georgia, getroud. Dean, ʼn sakeman wat sy eie asfalt-plaveisel-onderneming besit het, is selde saam met die sangeres in die openbaar gesien. Parton sê woorde kan nie die liefde beskryf wat hulle oor 60 jaar gedeel het nie.
Dolly Parton se man sterf op 82