Skip to content

Doeke vir volwassenes verkoop meer as babadoeke in Japan

# Doeke vir volwassenes verkoop nou meer as babadoeke in Japan, met die geboortesyfer wat daal en die gemeenskap wat verouder. Met 29-persent van die bevolking ouer as 65, word geskat die mark vir volwassene-doeke sal teen 2027 met 16-persent groei tot meer as 10,7-miljard-rand, terwyl babadoeke met agt-persent sal krimp tot 9,5-miljard-rand. Die doekemaatskappy, Oji Holdings, gaan nie meer babadoeke verkoop nie en Daio Paper sê hy het die vervaardiging van doeke vir volwassenes opgestoot, hoewel dit steeds babadoeke ook vervaardig.